Agtergrondinligting

Agtergrondinligting, 'n agtergrondverhaal of agtergrond is 'n versameling gebeure wat vir 'n storielyn uitgedink word en as voorafgaande aan of aanleidend tot die intrige aangebied word. Dit is 'n literêre tegniek vir die weergee van 'n narratiewe geskiedenis wat chronologies vroeër as die narratief van die teks van primêre belang afspeel.

Dit is die geskiedenis van karakters en ander elemente onderliggend aan die situasie wat tydens die hoofnarratief bestaan. Selfs in 'n suiwer historiese werk word agtergrondinligting selektief met die gehoor gedeel.[1][2]

  1. Backstory at Merriam Webster online
  2. Backstory at Dictionary.com

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy